Plasebo

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Die "plasebo-effek" kan verwant wees aan verwagtinge

'n Plasebo (soms genoem 'n foppil, in Engels: "Placebo") is 'n inerte stof of behandeling wat nie ontwerp is om terapeutiese waarde te hê nie.[1] Plasebos sluit in mediese behandelings, bv. inerte tablette (soos suikerpille) en inerte inspuitings (soos soutoplossings), en nie-mediese behandelings, byvoorbeeld vals chirurgie[2], Akupunktuur, Homeopatie en ander bedrieglike prosedures.[3]

'n Plasebo kan gebruik word as deel van mediese navorsing, byvoorbeeld 'n dwelmtoets waarin die aktiewe medikasie en die plasebo dieselfde lyk sodat die plasebo as 'n wetenskaplike beheer funksioneer. Sulke dubbelblinde studies verhoed dat die ontvanger weet of 'n behandeling aktief of onaktief is, aangesien verwagtinge oor effektiwiteit die resultate kan beïnvloed.[4] 'n Plasebo kan aan 'n persoon in 'n kliniese konteks gegee word ten einde die ontvanger te mislei om te dink dat dit 'n aktiewe behandeling is. Die gebruik van 'n plasebo as behandeling in kliniese medisyne is eties problematies aangesien dit bedrog en oneerlikheid in die dokter-pasiëntverhouding bring.[5]

In 'n kliniese proef word enige verandering in die pasiënt wat die plasebo gekry het beskou as die "plasebo-reaksie" (in Engels: "Placebo response"), en die verskil tussen geen behandeling en die plasebo-reaksie word die "plasebo-effek" genoem.[6]

Navorsing het bevind dat placebos geen invloed op siekte het nie.[7] Hulle kan slegs die persoon se persepsie van hul eie toestand beïnvloed. Verbeterings wat pasiënte ervaar nadat hulle met 'n placebo behandel is, kan ook toegeskryf word aan onverwante faktore, soos 'n natuurlike herstel van die siekte.[8]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aspmn
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WSJ
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lanotte
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Def
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Newman
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named chaplin
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cochrane
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named acs

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search